Tuks-Reeks 2014: EG Jansen claims rugby title, Monnas are overall winners

Dr EG Jansen of Boksburg continues to grow their profile as a top rugby school by adding the Tuks-Reeks 2014 title to their 2013 Beeldtrofee victory. Jansies beat HTS Middelburg 37-22 in the final in the LC de Villiers Stadium at the University of Pretoria to secure the title of best 1st XV for 2014, in the huge Tuks-Reeks competition that incorporates a girls’ competition as well and also consists of sports such as hockey, netball, tennis, squash, golf and chess.

As far as overall results are concerned, Monument of Krugersdorp finished in first place ahead of Garsfontein from Pretoria.

Overall results

PLACE SCHOOL POINTS
1 Monument 166.0
2 Garsfontein 163.5
3 HTS Middelburg 151.5
4 Nelspruit 138.5
5 Pietersburg 137.0
6 Eldoraigne 124.5
7 Kempton Park 121.5
8 EG Jansen 113.5
9 Transvalia 102.0
10 Marais Viljoen 96.5
11 Rustenburg 94.0
12 Vereeniging Gim 68.5
13 Florida 65.5
14 Klerksdorp 62.5
15 Ermelo 48.5
16 Centurion 45.0

92 Comments

  1. Baie geluk aan EG Jansen. Die 2013/2014 seisoene lewer Beeld en Tuks kampioene en top rugbyspanne. Baie goeie werk word hier gedoen. Vandag het hulle HTS Middelburg vroeg in die wedstryd van hul voete af gespeel met briljante rugby en op stadium gelyk of daar ‘n groot telling gaan wees. Maar HTSM het heeltyd opvang rugby gespeel en haal my hoed af. Moet byvoeg dat die skopskoen EGJ in die steek gelaat het. Net 1 van die doelskoppe is verdoel. Die telling kon heelwat groter gewees het. Maar die titel is in die sakkie. Nou vir die Beeld trofee se begin, alle sterkte vorentoe

    ReplyReply
  2. Well done garsies! 2de jaar in die kompetisie en goeie 2de plek! Met so klein bietjie luck kon dit selfs beter gegaan het! Baie harde ongenaakbare kompetisie met top oposisie wat jou week na week toets! Geluk aan EG se 1ste span wat verdien het om te wen! Dis rerig spesiaal om die reeks te kan wen! Ook geluk aan monnas met julle 1ste plek!

    ReplyReply
  3. Baie geluk aan al die wenners van die Tuks reeks! Geluk aan Jansies. Puik prestasie. Geluk aan Monnas as algehele wenner. Wie was die algehele rugby wenners?? Moet Monnas of HTS wees??
    Vir my is Nellies die ware helde van die toernooi. Sekerlik een van die kleinste skole in die reeks. Eindig jaarliks in die top 4 algeheel. Kompeteer teen skole soos Garsfontein wat oor die 2000 kinders in die skool het. Vir ‘n skool met halfte die getalle is dit werklik n prestasie om so goed te presteer. ‘n Skool wie se skoliere uitsluitlik uit die Laeveld bosveld kom. Hoede af vir Dr Swanepoel en sy staf. Trots op die Laevelders!!!
    Tuks reeks gaan definitief van krag tot krag en ek verstout my om te se dat die reeks tans amper op dieselfde vlak status geniet as die Beeld trofee? 8-O

    ReplyReply
  4. @Wollas: Nellies het net soveel leerders as Garsies, terloops! En Garsies het nie naastenby 2 000 leerders volgens department van onderwys se jongste getalle. Wonderboom het meeste leerders in Pretoria (model c-skole).
    @Jakes: Baie geluk! Vir EG en HTS Middelburg om nog sulke rugby te kon opdis na jul harde programme verg ongelooflik baie. Haal my hoed vir die seuns af!
    @Andre T: @Rugbyman: Geluk aan Monnas en Garsies. Wys julle is nie net rugbyskole nie, maar totale skole wat oral geleenthede aan leerders buid, ook op akademiese vlak en oral uitstekend vaar. Ek was verlede jaar bevoorreg om Monnas se debatspan te help en ek was verbaas oor die kinders se intelligensie- en redenasievlakke.

    ReplyReply
  5. @Djou: Djou Nellies het sowat 1200 leerlinge in die skool. Hoeveel leerlinge in Garsies? Vroeer die jaar is daar op die blog genoem dat Kloof, Garsies en Menlo Park oor die 2000 kinders in die skool het. In ieder geval wat het met julle (Garsies) gebeur? Die afgelope 2 jaar het julle ondersteuners te vertelle gehad dat julle verneuk is as julle teen Nellies speel. Nou verloor julle teen Nellies in Pretoria, met Blou Bul Unie skydsregters?? 8-O

    ReplyReply
  6. @Woltrui: ag toe nou wollies… die refs in nelspruit is verseker onder verdenking… vra enige een wat.al daar gespeel het… die home town decisions is duidelik! Was nie gister die geval nie – geluk nelspruit, julle het gekom om te speel en ons nie…

    Garsies het 1780 leerders… menlo ook in daai omgewing… nellies is beslis nie n klein skool nie

    ReplyReply
  7. @Rugbyman: Het al BAIE rugby op Nellies se velde gekyk. Groot spelers soos Duane Vermeulen, Ruaan Boshoff, sy broer Marnitz Boshoff, om n paar te noem, as snotsnuiters daar sien speel. Geen verskil tussen Mpumalanga Rugby Unie se skeidsregters en enige ander Unie se skeidsregters nie. Het al wel baie skole rugby gesien waar die verloor spanne verskoning soek. Die skeidsregters is dan die maklike teiken??

    ReplyReply
  8. @Rugbyman: In vergelyking met die groot Pretoria skole is Nellies beslis ‘n klein skool. Hulle het nie die infrastruktuur om die hoeveelheid kinders te akomodeer as wat Garsies, Kloof en Menlopark het nie.

    ReplyReply
  9. @Woltrui: ek is al intiem by skole rugby betrokke vir 20 jaar… glo my as ek vir jou se dat AL die makro skole dit baie duidelik aan jou stel dat mens nie maklik in nelspruit wen nie en dat die refs daar snaakse calls maak… jy is geregtig op jou opinie, maar uit eerstehandse ondervinding weet ek wat ek weet… hierdie jaar het ons toevallig in nelspruit gewen ren spyte van een van die snaakste calls wat ek in my lewe gesien het… n strafskop vanaf n afskop 2 min voor die einde oor ons voor die skopper by di afskop was… nou enige ref wat enigsins sy reels ken sal weet dat dit n skrum is op die middelkolletjie… nie n strafskop op nelspruit se 10m lyn is nie…

    Jy kan op jou kop staan en woer-woer met jou tine in die lug speel… die puma refs in nelspruit het net een oog en ek het min respek vir hulle…

    Terloops was ek self n ref vir baie jare….

    ReplyReply
  10. @Woltrui: daar skort niks met nelspruit se geriewe en infrastruktuur nie… ek verseker jou hulle skool gronde is dubbel garsies se grootte…

    Nelspruit is NIE n klein plaas skooltjie nie wollies!

    ReplyReply
  11. @Rugbyman: Stem saam jou Nelspruit het puik geriewe. In baie gevalle baie beter as stad skole se geriewe. Warm water swembad vir die miesies koshuise, binnehuise krieket nette ensovoorts. Hulle het wel nie die infrastruktuur, aantal klaskamers ensovoorts, om dieselfde getalle te akomodeer as die groot Pretoria skole nie. Glo my dit beinvloed ‘n persoon se opinie as jy n afrigter of ouer langs die veld is(en ek het al gesien hoe emosioneel jy langs die veld raak) :wink:
    Ek stem beslis nie saam jou tov die Mpumalanga skeidsregters nie. Miskien moet jy maar aanvaar dat Nellies op ‘n goeie Saterdag met julle kan kompeteer 8)

    ReplyReply
  12. n Neutrale opinie! Ek weet dat die VS bederf is met goeie, eerlike vaardige skeidsregters, maar van een ding is ek BAIE seker. Iemand van Tshwane kan baie beslis nie vingers wys na skeidsregters in ENIGE ander plek in SA nie, insluitend Bombela. Daarvan het ek vars en eerstehandse ervaring

    ReplyReply
  13. @Woltrui: nooit gese nellies kan nie met ons kompeteer nie, baie respek vir hulle rugby… maar as dit by die refs kom, nee wat… statistiek sal jou leer dat die tuisspan 60% vd strafskoppe kry… in nelspruit gaan dit seker op na 75%…

    Sal maar saamstem om te verskil… jy gaan nie my opinie oor dit verander nie… dit gebeur selfs in super rugby… soveel te meer in skole rugby…

    Jy ken my van geen kant af nie so ek dink nie jy moet my emosies oordeel nie :wink:

    Rustige sondag vir jou verder… ons het baie harde werk die week voor ons oorlog saterdag teen die bure! En dit gaan oorlog wees…

    ReplyReply
  14. @Rugbyman: @BOG: Rugbyman, praat van skeidsregters. As jy kla oor die Puma skeidsregters moet jy bid jou span speel nie in Bloemfontein nie ou maat. Daar is nou vir jou skeidsregters met ‘n reputasie. Vra maar die Paul Roos span van Steven Kitshoff (2009 of 2010)?? As ek al ooit ‘n span sien VERNEUK is uit ‘n wen moes jy die wedstryd sien. 8)
    Bog was die klein Van Der Merwe skeidsregter wat nou uit die Super 15 geskors is nie ook van die Vrystaat nie?

    ReplyReply
  15. @BOG: bederf jy ons nou deur sommer jou eie hok te skud… sien julle a-spanne het pakkies gekry in petoorsdorp… seker die refs?

    :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:

    ReplyReply
  16. @Woltrui: jy sien… jy staaf my punt… hometown decisions… erger op die platteland want daar blaas die laerskool adjunkhoof of broer diaken of die dominee die game…

    ReplyReply
  17. @Rugbyman: Ek wil nou nie regtig by die dispuut betrokke raak nie, maar dit interesseer my dat jy sekere plattelandse beroepe uitsonder vir (bedenklike) skeidsregterskap. Van watter beroepe is die stedelike skeidsregters?

    Ek weet bv dat Universiteitsoord se hoofpriester voorheen op Letsitele werksaam was en julle eie hoof eers op Tzaneen en Lichtenburg. Nou nie dat hulle skeidsregters is nie, maar word hulle gekanoniseer as hulle stad toe trek?

    ReplyReply
  18. @tzavosky: wat ek bedoel is dat almal mekaar ken in n plattelandse gemeenskap… hulle is baie nader aan mekaar as die stad… niks bedoel teen enige beroep nie… no offence meant

    ReplyReply
  19. @tzavosky: as jy moet doodeerlik wees sal jy erken dat sekere dorpe se skeidregters reputasies het… is al jaaaaaaare so en sal seker nooit verander nie… dis seker menslik… soos ek se die stats in super rugby bewys dit so ook in toets rugby… die tuisspan kry meestal die “rub of the green”

    ReplyReply
  20. @Rugbyman: Ek ken ouens wat ‘n in diepte studie gemaak het oor ‘n lang tyd van Superrugby skeidsregterbeslissings, en dit is beslis soos jy sê, ongeag wie die skeidsregter is.

    Ek het ‘n bykomstige teorie oor plattelandse skeidsregters. Eerstens dink ek jy maak ‘n fout om te dink dat die skeidsregter noodwendig van die tuisdorp en dus deel van die plaaslike gemeenskap is.

    Maar die skeidsregterpoel is kleiner en die tuisspanne kry oor ‘n lang tyd te doen met ‘n spesifieke skeidsregter en weet dus beter as die besoekende span oor sy manier van blaas en hoe om die wedstryd te benader. Ek weet bv vooraf as Ben Vorster teen PHS speel en Mnr X van sê Louis Trichartd blaas, dan gaan dit ‘n stop-begin affêre wees, terwyl Mnr Y van Hoedspruit die wedstryd sal laat vloei.

    Dit gaan noodwendig lyk of hy die besoekende span meer straf, lagwekkende beslissings uitgesluit. En glo my, ons plattelanders ervaar dieselfde as ons teen stedelike skole gaan speel. Hel, ek het eenkeer by Linden se o.16-toernooi gesien dat ‘n span ‘n strafskop pale toe suksesvol afstorm, toe kry hulle ‘n skrum waar die strafskop geneem is!

    Ons in SA is ongelukkig nie die beste aanpassers by skeidsregters se styl nie – Richie McCaw en die AB’s is meesters daarvan. As jy tyd het, gaan kyk weer na die Bokke se toets teen die AB’s in PE in 2011, dis ‘n klassieke voorbeeld van waaroor ons praat.

    Onder Graham Henry het hulle ‘n doelbewuste taktiek gehad van “occupying space beyond the tackle” waarmee hulle die afbreekpunte gedomineer het. George Clancy van Ierland het hulle vroeg in die wedstryd daaroor gewaarsku en gestraf, en toe stop dit. Daai ouens speel die skeidsregter.

    ReplyReply
  21. @Rugbyman: Eerstens, het ek nie jou toestemming nodig om iets te se nie, maar wat ek wel weet is dat die onkantreel in Pretoria, OA, drasties verskil met die elders in die wereld, as dit in Tshwane inderdaad bestaan. Om nou en dan te verloor- nou nie so dikwels soos julle nie, is goed vir karakterbou.@Woltrui: Vannermerwe WAS darem internasionaal, maar die klompie in Tshwane? Ek dink hulle en netbalskeidsregters het deurmekaar geraak, en hulle blaas nou n mengsel vd twee.

    ReplyReply
  22. Rugbyman ja baie geluk met Garsfontein se vertoning na net 2 jaar in die kompetisie. Julle het sekerlik klaar besef dis nie maklik om die reeks te wen nie, veral die rugby kompetisie is hoog. Maar julle sal jul beurt kry as jul so aanhou. Ek moet se dat die kompetisie raak net beter. Waterkloof en Affies mis regtig uit om nie deel te neem nie volgens my.

    ReplyReply
  23. @bog – die van der merwe is n verleentheid vir SA skeidsregters…die man die spelers is skool laaities van Grey en hy kan met hulle praat soos hy wil…hy het amper in sy broek geskyt toe Jannie Dup hom bietjie vasvat die een game…en hy kan bly wees hy het nie vroe jare geblaas nie want hy sou sommer gemoer geword het na n game…nee wat, inetrnationaal of te not, hy is K#k

    ReplyReply
  24. Dink sal interresant wees as ons die getalle van al die skole bymekaar kan kry.

    EG Jansen het 450 seuns is en moet eintlik in die Groot Skole Liga speel maar danksy effort effort effort vanaf afrigters kompeteer hulle baie ver bo hulle getalle.

    ReplyReply
  25. Kom ek se dit dan maar weer. Geluk EG JAnsen met die wen op n veld waar die skeidsregter van die Blou Bul unie af was. Ons gee op die oomblik ook nie om oor hoeveel kinders Garsfotein het nie. Dit is meer as EG Jansen sin en hulle geriewe is beter. Hulle het egter baiie meer huursoldate as EG Jansen en miskien is dit die verskil. Jy kan nie passie koop nie. SO weereens geluk aan EG Jansen en dit is tog waaroor hierdie post gegaan het. :lol: :lol:

    ReplyReply
  26. @steps: wat het EG se wen met garsfontein te doen? Die gesprek het gegaan oor nelspruit se hoeveelheid kinders… terloops was EG nie in die koerant 2 keer die jaar oor seuns van florida en vereeniging gim nie? Dink nie jy enigsins vingers wys oor huursoldate nie… en wanneer jy post, doen die moeite om te LEES wat geskryf word… EG se naam was slegs genoem in gelukwensing – weet nie waar jy uitval nie

    ReplyReply
  27. @Steps: jy weet duidelik nie wat in skolerugby aangaan nie. Lees die koerant en jy sal merk die skool wat jy so heuning om die mond smeer was vanjaar reeds 2 keer in die koerant omdat hul onderwysers spelers by ander skole uit koshuise gaan haal en oplaai het. En gaan vind uit by Hugenote hoeveel van hul spelers verwyders is na die betrokke skool toe. Maar dit gese, dit bly die kinders en ouers se keuse en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie, so dit help ook nie om ander skole af te kraak nie. Want dit is tog waaroon jou “post” gaan, is dit nie?

    ReplyReply
  28. @Boxkick: Die betrokke skeidsregter kom oorspronklik van Pretoria af waar hy op skool was. Hy is een van die eerlikste en opregste mense wat ek ken. Hy sal nie moedswillig ‘n span bevoordeel nie. Hy het wel korrektiewe opleiding gekry om spelerintimidasie beter te hanteer en was reeds Saterdag op Loftus assistent-skeidsregter.
    Is dit in jou aard om almal af te kraak?

    ReplyReply
  29. @Rugbyman: Ek moet saam jou stem, dis moeilik om in Nelspruit te wen. Maar ek het Saterdag ook gesien hoe blind die refs en veral die lynregters in PTA is.
    Baie geluk aan EG se 1ste span en ook Monnas.

    ReplyReply
  30. @Djou: Ek dink vannerwerwe moet n dag of wat saam my kom kuier, ek word daagliks hier geintimideer en beledig,…….ek kan dit nie meer hanteer nie. Eks op breekpunt.

    Ernstiger noot……..was jy Saterdag by Menlo vs Kloof. Hoe het die 2 Monnas soldate gevaar?

    ReplyReply
  31. @Andre T: Eish, sal hom na jou toe stuur.
    Was ongelukkig nie by enige wedstryd nie, moes werk.
    Maar ek verneem daar was weer ‘n geveggie. Weet egter nie wie betrokke was nie.
    Klofies het blykbaar in die eerste helfte sag gemaak en in 2e helfte met al hul skietgoed vorendag gekom – ‘n patroon in al hul wedstryde vanjaar. As jy nie kan bybly nie tov fiksheid, maai hulle jou af. Hul losskakel dikteer die wedstryd en geen span het tot dusver raad daarmee gehad nie. Ook om die skrums en lynstane speel hulle goed na binne.

    ReplyReply
  32. @ROOIBUL: Ek noem nie eers hoe moeilik mens in middelburg wen nie… :mrgreen: laasjaar was die strafskop telling teen ons o/16s daar op julle veld n yslike 15 – 4… was soos iets uit n horror movie…

    Moet seker maar daaraan gewoond raak…

    Ek het saterdag as neutrale toeskouer die menlo kloof game gaan kyk… die onkonstantheid van die ref was rerig swak… hy stuur n man af met rooi kaart vir n vuishou… maar as jy met die kop slaan is dit net geel… moeilik om te verstaan… dit en so paar van sy ander beslissings het my laat kopkrap… grensregters het 2 keer vuil spel uitgewys wat vir almal duidelik sigbaar was… die man het net sy kop vir hulle geskud en voort gegaan…

    ReplyReply
  33. @Rugbyman: Amen – jy het my voorgespring – dit was regtig baie swak van al 3 die beamptes. Die ref het skuldig gevoel oor die rooikaart waar nr 8 van Menlo in die eerste 5 minute afgestuur was. Daardie 8 steman het duidelik die opdrag gekry om vir Kloof se 10 dop te hou en uit tesorteer. Ek het die gevoel gekry hy wil deur sy optrede Menlo bevoordeel omdat hulle met 14 man gespeel het. Hy was so bly dat hy die 8 ste man van Kloof net na rustyd kon afstuur met rooi. Ja die kopstamp moes verseker rooi gewees het.

    ReplyReply
  34. @Djou: @Hanswors: Dan is ek tog so bly die ex Monna soldaat was nie betrokke nie. Dalk het ou Schalkie se wonderlike invloed dit bevorder.

    ReplyReply
  35. @Hanswors: Tinus de Beer word nie sommer “uitgesorteer” nie. In die wedstryd teen Affies het hy reg in die begin van die wedstryd n helse slag teen sy kop gekry. Hy het so ‘n oomblikkie bly sit. Daarna opgestaan en ‘n strafskop vanaf sy eie halfgebied oorgejaag. Stem saam die ander bloggers. Die mannetjie het baie klas. Hy en Handre Pollard beslis die toekoms van Blou Bul rugby. Gepraat van Pollard. Is die seun goed of wat? Vermoed hy is n toekomstige BB kaptein. Duidelik ‘n laaitie met baie karakter en n skitterende rugby brein.

    ReplyReply
  36. AndreT: Ek weet nie wie die Monna soldate was nie – daar was geniepsighede wat deur die ref toegelaat was. Klink my die soldaat het n reputasie. Woltrui:; Ek weet van daardie hou wat Thinus teen Affies gekry het…. dit is wat hom so goed maak, hy het nie een banghaar op daai blonde kop van hom nie. Hy sal die grootste voorspeler aanvat. Sy skoppe met albei voete was ongelooflik gewees.

    ReplyReply
  37. @Woltrui: Behalwe vir Paul Willemse is daar nie veel uitblinkers in die Bulls span daarom sal dit vir Pollard nie moeilik wees om uit te staan. Dan wil ek nie van die Stormers gehalte praat nie.

    Na die afgelope naweek se absolute fiasko van ons spanne in die Super XV is dit vir my kommerwekkend dat daar wel rugby kenners/geesdriftiges/goeroes/fanatici/coach potatoes/beamptes/administrateurs/afrigters en selfs bosveldmammas is wat kan se SA Rugby is gesond.

    Ek dink SA Rugby het n all time laagtepunt bereik. Ons spelpatrone is ouderwets, ons spelers het geen basics wat nog te praat van klas.

    Alles begin op skolevlak. Jy kan wegkom daarmee teen nogmeeruselessopposisie maar op internasionale vlak word jy uitgewys.

    Lyk my ek en Nick Mallet is die enigste 2 met rugbykennis in die republiek.

    ReplyReply
  38. Ek wil graag vir die Grey aanhangers vra watter posisie het Stut Steyn op skool gespeel.

    ReplyReply
  39. @boxkick: Soos daar aangedui is, het die ref na wie jy verwys, korrektiewe opleidig gekry. Maar in die lig van wat ek in wereldrugby sien, is hy met sy swakhede nie n uitsondering nie. Dit laat die vraag ontstaan- “Hoe goed / swak is die res?”@Andre T: Soos jy sekerlik weet, lewer Grey soveel goeie spelers op, dat jy meer besonderhede sal moet verskaf: Watter jaar, watter span, geboortedatum, plek, kleur van hare en oe —

    ReplyReply
  40. @boxkick: Soos daar aangedui is, het die ref na wie jy verwys, korrektiewe opleidig gekry. Maar in die lig van wat ek in wereldrugby sien, is hy met sy swakhede nie n uitsondering nie. Dit laat die vraag ontstaan- “Hoe goed / swak is die res?”@Andre T: Soos jy sekerlik weet, lewer Grey soveel goeie spelers op, dat jy meer besonderhede sal moet verskaf: Watter jaar, watter span, geboortedatum, plek, kleur van hare en oe van stut Steyn?

    ReplyReply
  41. @BOG: Ek kan jou al daai kriteria gee behalwe vir sy gewig. Dit verander drasties van dag tot dag.

    ReplyReply
  42. Neem aan julle praat van Frans Steyn. Hoofsaaklik 15 gespeel op skool maar ook nr 10 van tyd tot tyd.

    ReplyReply
  43. Ironies dat Lourens vd Merwe wat met Jannie du Plessis verskil het op die veld self ‘n oud Grey is soos Jannie!

    ReplyReply
  44. @Hanswors: ek vermoed jy is reg oor die taktiek van menlo ja… hulle sal dieselfde teen ons doen… en ek dink jy slaan die spyker op die kop oor die ref se skuldgevoel! Praat nie eers vd tackle in die lug reg voor die hoofpaviljoen nie… in super rugby was daai ook rooi! Wens die officials wil konstant wees… ek hoop hulle stel saterdag n goeie ref aan vir die kloof garsies game… ons wil mooi rugby sien!

    ReplyReply
  45. @Rugbyman: Blootstelling aan Tshwane refs een keer per jaar is nogal n beproewing. Ek kan my indink wat se beproewing dit vir julle , naweek vir naweek, moet wees. Dit verduidelik darem die depressie wat ek onder julle waarneem- verliese, refs, misdaad, besoedeling in die Jukskei, Zuma teen die kop— Was jy ook op CR Swart?

    ReplyReply
  46. @Rugbyman: Dankie. Jip. :mrgreen: :mrgreen:
    Nee ek wil eintlik kom kyk omrede ek reken dit gaan ‘n goeie wedstryd wees om by te woon. “Champion of Pretoria” wedstryd. :wink:

    ReplyReply
  47. @BoishaaiPa: Moet se ek is vanjaar regtig beindruk met Boishaai. Ongelooflike program en guts.
    As julle gereeld teen Menlo speel dan sal jy gereeld ‘n WWF sien :cry:

    ReplyReply
  48. @BoishaaiPa: Hehehehehe!!! “Champs of Petoors”. Die ware sports is egter op die pawiljoene. Rof en Onbeskof. Jirre dit raak lekker warm hier……. Lekker man, lekker!

    ReplyReply
  49. @Woltrui: Ek het dan altyd gedink daar is net Officers and Gentlemen in Pta

    Smaak my die staatsamptenare het nou die Ooste besoedel?

    ReplyReply
  50. @Andre T: Nee, nee, nee: Weet jy wie die nuwe staatsamptenare is? Hul kinders is nie in Afrikaanse skole nie.
    Niks het eintlik verander in die skole nie. Die snobs wat dink hulle kan alles met geld “regkoop” se kinders is steeds in Menlopark (die skool met die meeste sportbeurse in waarskynlik Suid-Afrika), die wat dink hul seuns gaan almal Springbokke word se kinders is steeds in Affies, die wat dink hulle is beter as ander se kinders is steeds in Klofies en die wat geld wil spaar op skoolfonds se kinders is steeds in Garsfontein. En die wat dink private skole is beter bly in Woodhill en Mooikloof. So, na 20 jaar het bitter min verander.

    ReplyReply
  51. @Djou: Jis Ja, die outjies het my self verbaas. Ek het gedink die Wynberg game gaan net daai een te veel wees, maar hulle het dit deurgetrek met “Pride and Passion”…Ek weet net nie hoe ver ons gaan kom voor die petrol opraak nie!..Ons loop nou nog net op die fumes!

    ReplyReply
  52. @Djou: Heng ou Joe, dit is presies hoe ek dit ook eintlik sien. Ek dink hierdie is die meeste sense wat ek in my lewe nog gehoor het. Well done daar. Jys soos an Englishman in New York daar in Pretoria………………Die Blikoor in Pretoria.

    Hierdie blog van jou is beslis nou genomineer vir die WRAA Gala aand in Oktober in die ‘Best Blog of the Year by an afrikaans contributor’ kategorie.

    ReplyReply
  53. Duidelik weet jy nie wat Garsfontein se skoolfonds tans is nie..Onthou ons is mos Gapsfontein,en raak n duur stokperdjie…en iemand moet daarvoor betaal.Maar dit elke sent werd..:) Kan iemand vir my se of Affies Beeld speel of nie?

    ReplyReply
  54. @Andre T: Ons was darem op St Johns…en blykbaar is daai Jeppe manne ook nie die makliste toffies om te kou nie!..Baie soos daai jawbreaker Liquorice Wilson’s…Jy dink omdat hy liquorice geur het is hy lekker sag…maar hy breek ma ook jou tande en stopsels nes die Coca Cola geur!

    ReplyReply
  55. Julle is seker meer moeg van jet lag as strawwe kompetisie tot dusver?

    Ek dink julle taai games begin nou eers. Wanneer is dit Paul Roos en Grey?

    ReplyReply
  56. @Andre T: Hoor hierso ou yster. Ons plaaslike spel goeroe. Kenner van die skonere geslag. Kom ons vat bietjie boeke. Kan jy ons inlig hoeveel bekers/trofee/liga’s Liverpool “aan die einde van die dag” toe gewen het??? 8)

    ReplyReply
  57. @Andre T: Ons onthaal Grey oor 2 naweke, die 24ste Mei…Voor dit het ons Boland Landbou die naweek, Na Grey het ek vergeet wie ons speel en dan die 7de is die Paul Roos…so tot en met die vakansie wag daar n paar harde games op ons.

    ReplyReply
  58. Is Ruan nou uit vir die hele seisoen of is daar sprake dat hy vir Gim kan reg wees?

    ReplyReply
  59. @BoishaaiPa: Dis bitter sad. Die skaam bosveldseun van Brits gaan Boishaai toe en as onbekende bereik hy groot hoogtes in rugby en atletiek daar. Word hoofseun, 1ste span rugbykaptein met CW n certainty en SA Skole moontlikhede en in n simpel 20 minute feeswedstryd word sy seisoen beeindig.

    Dan kry jy pappies wat hartseer raak omdat hul 0/16 spannetjie n afdag gehad het?

    ReplyReply
  60. @Andre T: Hy hanteer dit goed..wat ons buitestaanders kan sien. Weet nie hoe moeilik dit moes wees om dit innerlik te verwerk nie, maar hy sal daardeur kom. Sy mentor op skool het presies dieselfde oorgekom in sy matriekjaar!..Hy is daardeur en het sukses bereik op ander vlakke. Buiten rugby het hy nog baie om te bied aan die skool en vice versa.

    ReplyReply
  61. @Andre T: Tja! Julle hot shot prokureurtjies van die Wesrand is dan nog bowenal ware “gentlemans” ook. Ek dag jy gaan my “cleaners” toe vat na die spelfout maar nee. As die skoen aan die ander voet was sou ek vir jou getrap het Boetie!! :wink:

    ReplyReply
  62. @Andre T: Wanneer daar gesels word oor Wilson toffees wat in my dae 2 vir n sent was en nou, R2-50 elk, dan weet ek dat daar pokkol anders is om oor te praat.@Woltrui: n Sleutel tot sukses is die besef dat dit nie gaan oor hoe n speler in Gr 8 of O 14 speel nie, maar hoe hy speel en optree aan die einde van sy skoolopleiding. Dit is ontwikkeling.

    ReplyReply
  63. @ROOIBUL: Sien Rooies begin nou al verskonings soek vir 24 Mei!! laaste ontmoeting in Middelburg was NHS ook baas 46-36 ! Go Rhinos!! :lol: Refs is die oudste verskoning in die boek

    ReplyReply
  64. @LAEVELDER: Refs moet die tuisspan bevoordeel……..dis deel van tuisveldvoordeel. In die ou dae moes oorsese boksers ons s’n uitslaan net om op punte te wen.

    ReplyReply
  65. @BOG: Die gesprek met toffies het wel oor rugby gegaan ..jy moet net leer om daai leesbril van jou reg te skuif…

    ReplyReply
  66. @Andre T: Ek het eers nie geweet hoe Bob Foster vir Pierre Fourie gewen het daar in 1973 nie..Volgens ou Spiekeries oor die radio het Pierre omtrent vir Bob stukkend geslaan…eers later toe ons in die drive-in daai SA Spieel program kyk sien ons hoe Spiekeries vir ons gelieg het!

    ReplyReply

Leave a Reply