Oudtshoorn K2 Top Schools 2016

Looking at the provisional 16 schools lined up, Oudtshoorn’s K2 Top Schools Festival on Saturday 28 April and 02 May 2016, has the potential to be a really good event.

Mon.02May Ben Vorster 19 5 Voortrekker (Beth)
Mon.02May Schoonspruit 7 22 Langenhoven Gim
Mon.02May Drostdy 26 24 Helpmekaar
Mon.02May De Kuilen 29 5 Bonnievale
Mon.02May Worcester Gim 32 28 Brackenfell
Mon.02May Nico Malan 17 26 Jim Fouche
Mon.02May Duineveld 29 27 Brandwag
Mon.02May Oudtshoorn 8 25 Marlow

 

Sat.30Apr Worcester Gim 29 3 Schoonspruit
Sat.30Apr Nico Malan 10 43 Voortrekker (Beth)
Sat.30Apr Lagenhoven Gim 10 22 De Kuilen
Sat.30Apr Brackenfell 22 25 Ben Vorster
Sat.30Apr Oudtshoorn 20 7 Bonnievale
Sat.30Apr Drostdy 32 18 Jim Fouche
Sat.30Apr Marlow 20 24 Duineveld
Sat.30Apr Brandwag 6 38 Helpmekaar

1 . Oudtshoorn ~ SWD
2 . Ben Vorster ~ Limpopo
3 . Bonnievale ~ Boland
4 . Brackenfell ~ WP
5 . De Kuilen ~ WP
6 . Brandwag ~ EP
7 . Duineveld ~ Griquas
8 . Helpmekaar ~ Lions
9 . Drostdy ~ Boland
10 . Jim Fouché ~ Free State
11 . Langenhoven Gim ~ SWD
12 . Marlow ~ EP
13 . Nico Malan ~ EP
14 . Sentraal (FS) ~ Free State
15 . Voortrekker (Beth) ~ Griffons
16 . Worcester Gim ~ Boland

48 Comments

  1. Kan nie sien hoe enige span vir Helpmekaar gaan stop nie, hoop iemand bewys my verkeerd!!!!
    :wink:

    ReplyReply
  2. Jip, maar dalk, net dalk kan een van ons spanne hier van die Noorde weer vir `n verrassing sorg :wink: . Ken nie die ander spanne nie, maar dink tog Ben Vorster, Oudtshoorn en Marlow kan ook dalk `n faktor wees by die toernooi.

    ReplyReply
  3. @Pietie Passion, @tzavosky: weet julle manne al wie speel teen wie?
    Hoop ons kan almal teen ongereelde opponente speel.
    Pieties en BV albei spanne om mee rekening te hou – almal sal maar hard moet werk vir daai “trophy-tjie” later In die jaar. Sien julle in Mei-maand.

    ReplyReply
  4. @BrotherBear: Jip, grootskole gaan baie interessant wees, beginnende met die “driehoekige” reeks tussen BV/Helpies/PHS in Mei. Maar moenie verbaas wees as skole soos Lichtenburg en Klerksdorp iewers langs die pad ‘n spanner in die werke kom gooi nie.

    Bepalings volgens Stoopstats:

    08:00 Worcester Gym vs Schoonspruit
    09:10 Nico Malan vs Voortrekker (Beth)
    10:20 Langenhoven Gym vs De Kuilen
    11:30 Brackenfell vs Ben Vorster
    12:40 Oudtshoorn vs Bonnievale
    13:50 HTS Drostdy vs Jim Fouche
    15:00 Marlow vs Duineveld
    16:10 Die Brandwag (EP)vs Helpmekaar

    ReplyReply
  5. @BrotherBear: Sorry brother, only read the comment now. Yip, hope that Helpmekaar and Ben Vorster play against schools that they normally don’t play, and it seems as if the 1st day fixtures is just that. And yes, hard work for us all in the Beeld trophy, may the best team won on the day!!!!

    ReplyReply
  6. Ben Vorster 25-22 Brackenfell FT

    BV gerieflik 25-8 voor, laat terugveg deur die Brakke bring hulle terug in wedstryd…..mooi Vossies, sorry Brackies

    Ek is maar verlig, ek weet ons manne sukkel in koue weer….lol

    ReplyReply
  7. Wow, ek het gedink niemand kan Helpmekaar klop nie, en daar bewys Brandwag my verkeerd……..

    ReplyReply
  8. Ok, sien dit is dalk net `n drukfout met die tellings hierbo, lyk tog of Helpmekaar gewen het!!

    ReplyReply
  9. Ok, nou is ek amptelik confused, hier wys dit Brandwag wen, by School Rugby fixtures & results – week ending 30 April 2016 wys dit Helpmekaar wen, sal maar wag vir die regte uitslag

    ReplyReply
  10. Ben Vorster speel Voortrekker van Bethlehem more….behoort weer goeie, close wedstryd te wees…al probleem hulle speel al 08:00.

    By KES het BV op donderdag hoofwedstryd gespeel teen KES, net om heel 1ste wedstryd teen marlow op saterdagoggend te speel….steeds hul enigste verloor (en amper Marlow se enigste wen) van seisoen…..hoop nie geskiedenis herhaal homself nie.

    Ek dink hulle moet so vroeg speel sodat hulle kan ry om betyds saterdag in Tzaneen vir wedstryd teen Helpmekaar te wees!….Helpies het selfde probleem…lol

    ReplyReply
  11. @tzavosky: Baie dankie, was amper verbaas, want dit sou `n upset gewees het. Sterkte vir BV se game more, glo hulle sal goed doen

    ReplyReply
  12. @Vyfster: Baie geluk, maat! Ek het verwag dat jou manne gaan wen, maar is tog bly dat die Brakkies ook darem nie verniel is nie. Soos ek reeds sedert laas jaar se. Die Brakkies kan beslis nog nie met die groot honde blaf nie, maar daar is beslis dinge besig om te gebeur. Hulle het egter baie kompetisie om hul beste laerskool seuns te behou, met die Wynland skole wat gewoonlik die room afskep, en nou ook Stellenberg wat aggresief bemarking doen. Brackenfell Laerskool en Bastion Laerskool is 2 van die skole wat jaarliks n hele paar uitstekende spelers lewer.

    ReplyReply
  13. @Kattes-Strofes: Iets waaroor ek gisteraand sit en dink, so 2-3 jaar gelede was Tygerberg die tophond in die noordelike voorstede, toe begin Belville hulle stem dik maak en die Tiere sak so ‘n bietjie terug en oor die laaste 2 jaar klim Stellenberg die leer en dit lyk of Belville en Tygerberg vanjaar agteruit boer.

    Wat sien ons hier – dat daar kwaai kompetisie tussen die 3 skole is vir dieselfde kinders, of is dit maar ‘n natuurlike variasie?

    ReplyReply
  14. @Pietie Passion: Volledige bepalings vir Oudtshoorn more:

    A Field
    08.00: Ben Vorster vs Bethlehem Voortrekker
    09.10: HTS Drostdy vs Helpmekaar
    10.20: Worcester Gym vs Brackenfell
    11.30: Duineveld vs Die Brandwag
    12.40: Oudtshoorn vs Marlow

    B Field
    08.00: Schoonspruit vs Langenhoven Gym
    09.10: De Kuilen vs Bonnievale
    10.20: Nico Malan vs Jim Fouché

    ReplyReply
  15. @tzavosky: Ek dink Stellenberg het eenvoudig so 4 jaar terug besluit om ‘n daadwerklike poging aan te wend om die laerskole in hul area se talent te behou. Daar is geen twyfel dat die noordelike voorstede vir jare hul top talent elke jaar verloor aan die wynland skole nie. Hierdie agresiewe veldtog begin nou vrugte af te werp. Die blote feit dat Stellenberg nou ‘n gerekende rugby skool is wat aan die top toernooie kan deelneem trek noodwendig spelers van ander areas in die noordelike voorstede. As na Stellenberg se uitslae teenoor die ander noordelike skole se junior spanne gekyk word, gaan dit lank vat vir hulle om op te vang.

    ReplyReply
  16. @kattestrofes: Ja dankie, klink of dit goeie wedstryd was….ten minste behoort julle more ver te wen….al het Worcester Gim ver gewen gister, is hul nie so tough nie…ek dink PHS het hul ver gewen vanjaar, en hulle het paar groot neerlae al gely…maar mens kan nooit seker wees nie…soos ek nou nog nie kan glo ons het teen Marlow verloor nie….ek was daar….regtig erge afdag gehad…….maar julle behoort darem maklik te wen…ek het so in stilligheid eintlik gehoop ons speel hulle, net om bietjie makliker wedstryd te kry voor helpies saterdag…die ouens travel omtrent soveel soos die Sunwolfes…kort ‘n bietjie rus dink ek!

    @Tzavosky: nou le nog ‘n taai een voor teen Voortrekker…dankie vir volledige program…dit sou altyd Drostdy en Voortrekker wees vir helpies en Vossies…moeilik om te se wie is sterkste van 2….maar helpies gaan nie verloor nie…kom ons hoop Vossies trek ook deur…..Saterdag teen Helpmekaar gaan groot wees, ek wonder net of al 2 spanne al hul kaarte gaan wys…..maar wat ek van helpies gesien het vanjaar, sal elke afrigter behalwe Affies s’n laat rondrol in die nag

    ReplyReply
  17. halftyd net 6-0…veld was glo nog baie nat in eerste helfte, wat dinge baie bemoeilik het.

    ReplyReply
  18. @Djou: Dis jammer, eerskomende Saterdag speel hulle Ben Vorster, en dit sou net beter gewees het vir BV as Helpies se koppe in die lug was!

    ReplyReply
  19. @tzavosky: Is so, maar wys jou wat druk aan ‘n span doen – in die sin dat Drostdy hulle heeltyd onder druk geplaas het.

    ReplyReply
  20. @Djou: Ek het nou nie detail oor hule wedstryd nie, maar, ja, druk is die eintlike naam van die game. Min spanne kan regtig speel as die druk konstant meedoënloos is.

    ReplyReply
  21. @tzavosky: Ek dink na hierdie nederlaag sal die Helpies baie vinnig moet introspeksie doen maar ek glo ons gaan nie verniet ry noorde toe nie. Dit gaan lekker hard en vinnig wees. Ek dink egter BV is die gunstelinge om die Helpies te klop die naweek.

    ReplyReply
  22. @Quagga: @Quagga: Ek is nie so seker van daai een nie, hoor. Maar die volgende twee weke gaan baie interessant wees itv Beeld grootskole, want PHS is ook nie te versmaai nie.

    ReplyReply
  23. Nee hel, ek kan nie glo Helpies het verloor nie….seker maar hul afdag gewees….tzavosky is reg, dink hulle gaan nou met groot aanslag kom teen Vossies.

    Maar skole rugby bly maar onvoorspelbaar, maar helpies gaan nie maklik weer vanjaar geklop word nie.

    Worcester Gym het Brackenfell gewen vandag, terrwyl PHS lag-lag met Worcester afgereken het vroer vanjaar…..

    Behalwe BV , Helpies en PHS, begin Lichtenburg ook al meer klink na ‘n span wat stem dik gaan maak in Beeld Groot skole reeks.

    Kom ons hoop op ‘n lekker wedstryd Saterdag tussen Vossies en Helpies,
    wens ek kon daar wees!

    ReplyReply
  24. Baie geluk, Drostdy, met ‘n welverdiende oorwinnings oor Helpies. Julle het bal besit baie goed gebruik om kanse in punte om te sit. Helpies het nie goeie dag gehad, maar so moet die manne maar leer dat jy te alle tye klinies en koelkop moet bly. Manne wat vir jou kom het altyd ‘n spesiale “mindset”.

    Helpies was geaffekteer deur paar manne wat neergevel is deur Oudshoorn se heerlike ryk disse (een Kerel selfs in hospitaal ge-eindig), maar dis alles deel van span bestuur. Ze score iz ze score.

    @akw: vreeslik dankie vir jou besorgdheid en navrae. Bly om te sien jy jy is ook nog met ons. Hoor toe jy onlangs wou bungi toe maak jy tou om die nek vas – net betyds gered deur @Djou wat toe al klaar sy nek uit lit gerek het. Dis daai dubbel trui wat jy dra. Iewers moet iets begin seer raak as jy so lank op die draad bly sit.

    ReplyReply
  25. @Vyfster: Gaan voorwaar ‘n heerlike naweek in Tzaneen wees. Lekker saamkuier Vrydag aand en dan naalkou rugby die volgende dag. Paar gesinne bly sommer die Saterdag aan ook oor en kuier verder. Stem saam met @Quagga, BV sal baie moed he op hulle tuisveld. Helpies is underdogs en sal hard moet werk. Kom neer op wie is meer lus en het plan om ‘n wen deur te trek. BV is ‘n baie gebalanseerde span met hele paar gevaarlike runners.

    ReplyReply
  26. @BrotherBear Ek hoop nie die weer gaan te veel van ‘n faktor wees Saterdag nie. Ek onthou twee jaar gelede was dit glo verskriklik warm op Tzaneen so die Helpies het maar gesuffer. Lyk darem al ‘n bietjie meer gematig op die oomblik. Ek hoop darem die Helpies gaan ‘n oefening of twee hê dié week. Sien uit na Saterdag.

    ReplyReply
  27. @Quagga: Ek sien hulle voorspel ‘n koue 22 grade (vir ons!) vir Saterdag. Vrydag 26 grade, wat ons beter sou gepas het (verkieslik so 30+), maar ons hoop maar hulle is ‘n dag uit!

    ReplyReply
  28. Ek hoop nou net nie daai Limpopo refs boor alweer vir Helpmekaar nie. AS die vlagmanne weer in die lug spring van opgewondenheid , sal julle asb fotos neem?

    ReplyReply
  29. @Roger: Springboks = KES – hehehe, quite a far jump to support an argument, I say.

    ReplyReply
  30. @Andre T: Ai Andre, dink jou comment is pateties. Ek weet van die voorval waarvan jy praat, en as julle dalk daai game waarna jy verwys op video het, gaan kyk dit gerus. En let wel, die Assistant Skeidsregter, of soos in engels verwys, AR, en nie `n vlagman nie, het in die lug gespring om te verhoed dat die spelers sy voete onder hom uitslaan. Dus het hy uit die pad probeer kom. Jou kommentaar is so half asof dit `n gegewe is dat enige Gauteng span `n Limpopo span kan opfrommel, en dat dit eintlik net die skeidsregters is wat hulle help om te wen 8-O . Jammer om jou ou “klein-wereld” balon te bars, Limpopo spanne kan ook rugby speel, ons is ook `n provinsie, en ons seuns HET talent. Ons ontwikkel ons eie seuns om na skool ook iets vir die samelewing te beteken, ons gaan “leen” nie by ander skole nie. Ons misbruik nie net ons seuns op skool en brand hulle uit net om die skool goed te laat lyk nie, nee, na matriek het hulle nog genoeg stoom oor om in die grootmens wereld te oorleef. Groete.

    ReplyReply
  31. @Pietie Passion ons sien uit na ‘n skouspel volgende naweek as die Pieties na die Goudstad optrek. Julle het ‘n baie goeie span en dit gaan lekker mededingende rugby wees tussen julle en Helpmekaar.

    ReplyReply
  32. @Quagga: ja, julle moet dit maar geniet die naweek…..dit was vir my interessant om te sien hoe die pendulum stadig maar seker geswaai het in julle rigting oor die jare

    Op ‘n stadium paar jaar terug het BV meerderheid wedstryde gewen…maar Helpies het elke jaar sterker geword……2 jaar terug was hy perfek gebalanseer…..maar nou swaai hy heeltemal oor in julle rigting.

    So ek is bevrees dit gaan maar meestal eenrigtingverkeer wees in al die ander spanne, veral die juniors…… BV 1ste span sal kompeterend wees, maar die dag as daardie Helpie span werklik vlamvat, dink ek daar is net 3 skole in die land wat hulle kan klop.

    Ironies was ek 2 jaar terug op BV vir hul sport teen helpies…meer gelykop kon jy nie…..rugbyveld 9 wedstryde…elkeen wen 4 met een gelykop.

    Op hoofveld was 014a gelykop, 015A Helpies wen ver, 016A BV wen naelskraap, 2es BV wen in laaste minuut, 1stes helpies wen 30-23.

    Nou sal dit maar swaar gaan om 1 te wen…..Julle word nou te sterk!

    Sterkte aan al die spanne…kom ons hoop die 1stes sorg vir ‘n opwindende, aanskoulike en ‘close’ game…al die bestandele is daar om dit ‘n ‘classic’ te maak

    ReplyReply
  33. @Pietie Passion: Jy neem vir T’tjie te ernstig op, ek belowe jou hy het sy tong stewig in die kies. Daai opmerking van hom is ‘n spottery wat al lank loop hier op die blog (en nog destyds op rugby365 ook), maar dis ‘n saak wat deeglik deurtrap is, glo my.

    Maar Mnr T sê niks oor Monnas wat verlede jaar suur op hulle moer kom kry het hier met die krieket nie, toe loop steel hulle wragtag ons krieket coach – dis nou die man wat Marchant de Lange gecoach het van gr1 af.

    OK, nou wag ek vir Mnr Knowthegame om enige oomblik sy verskyning te maak, en dan sal Ploeg seker ook intjip met Boland Landbou wat daai jaar vir BV met ‘n doodsnikke strafskop “verwoes” het by Wildeklawer!

    Maar ek sien baie uit na die volgende 2 weke se rugby, en dan ook twee weke later.

    ReplyReply
  34. @Andre T: ‘Tjie, jy moet eerder vra hoeveel briewe daar Maandag in Beeld gaan wees oor kinders wie se drome verwoes is!

    En dan moet jy saam met my wonder of Sarel vd Walt van Beeld (en oud-Helpie) ooit sy woord gestand sal doen en verslag sal doen oor die voorsitter van die BB skeidsregtersvereniging se evaluering van die wedstrydvideo.

    ReplyReply
  35. @Quagga: Jip, dink die twee skole, het respek vir mekaar, en wen of verloor, die spanne speel hard, en die beste span sal atyd wen, maar die beste van alles, die seuns bly vriende. Op die stadium dink ek Helpmekaar het `n blerrie goeie span, en is PHS beslis die “underdogs”. Sien uit na die wedstryd.

    ReplyReply
  36. @tzavosky: Ja, stem saam, moet alles maar met knippie sout opneem. Weet die AR storie is net weer `n wind wat opsteek, maar my problem is dat party mense hier die storie al soveel oorvertel het, dat hulle dit al glo as die waarheid. As iemand wat self betrokke is by skeidsregters in Limpopo, is dit net krapperig as mense week na week dit hulle reg toe-eien om die skeidsregters te kritiseer. Mense, ek wonder soms of die mense gaan rugby kyk of eerder veld toe gaan om die skeidsrgeters dop te hou??? Man, kyk, ek verstaan as die skeidsregter of sy assistente foute maak, maar om omtrent die hele wedstryd se uitslag op die foute te blameer gaan my verstand te bowe. Nooit lees ek waar `n knock, `n lynskop wat nie uit is nie, `n geelkaart, strafskop vir onkantspel of enige ander aksie deur die spelers die game geswaai het of dalk die verloop van die game verander het nie!!! En dan, sien ek altyd net die verloor spanne wat kla oor die skeidsregters. Maar mense, as hulle wen dan is dit die goeie spel van die seuns en afrigters, maar nooit enige melding van die skeidsregter wat `n goeie game hanteer het nie :roll: . Ai mense, ek kan seker boekdele skryf wat ek al oor die jare ervaar het, maar die einde is nie in sig nie, want elke dag is daar iets nuuts :wink:

    ReplyReply

Leave a Reply